Emmies Gee Om

Emmies gee om

In 2012 het ons die “Emmies Gee Om Projekte” geloods, want vir ons beteken ons skool se slagspreuk  Ons kinders is gereed, dat al ons leerlinge tot hulle volle potensiaal as mens moet ontwikkel, nie net op akademiese-, sport- en kulturele gebied nie, maar ook as ‘n persoon wat omgee, wat uitreik en wat ‘n verskil in die lewens van ander maak.

- Ralph Waldo Emerson

“The purpose of life is not to be happy. It is to be useful, to be honourable, to be compassionate, to have it make some difference that you have lived and lived well.”

Gedurende die feesseisoen het die Emmies uitgereik na die bejaarde inwoners van Pioneer Huis.

Die inisiatief het reeds in Oktober begin toe die bejaarde inwoners en inwoners van die ander ouetehuise in ons dorp genooi is om die skoolrevue gratis by te woon. Die skool se ouers het heerlike eetgoed en snoepgoed aan die spesiale gaste gegee om agterna aan te smul. Taljaard Taxi’s het ook by die projek betrokke geraak en die bejaarde gaste gratis na die revue vervoer.

In die feesseisoen is besluit om vir die bejaardes elkeen ‘n bederfpakkie op te maak en die skool se ouers en leerlinge het weereens gewys, hulle is omgee mense met die skenkings en bydraes wat alle verwagtinge oortref het. ABI het ook betrokke geraak en Coke-sakke, waterbottels, glase, Powerade-koeldrank en gebottelde water geskenk. Die leerlinge het boekmerke, kaartjies en prentjies gemaak en dit alles is in die bederfpakkies gesit.

Leerlinge van die skool het die pakkies by die Pioneer Huis aan die bejaardes gaan uitdeel. Dit het ons dag gemaak om die blydskap en opgewondenheid op bejaardes se gesigte te sien en te weet ons maak ‘n verskil.

Stationery project – Nonediba Primary School

We realized that many learners in our neighbouring schools did not even have the most basic stationery. Our learners were asked to donate any stationery, new or used, and the response was overwhelming.

The stationery most brand new, was delivered to Nonediba Primary School on Monday, the 13th of May 2013. Nonediba is a farm school, just outside Vanderbijlpark with a student total of 307 learners. With this enormous donation we were able to help all of these learners. The joy and gratefulness which we experienced was unimaginable! Some of our Gr 7 learners, made the trip to Nonediba to spoil Nonediba’s learners with treats and could hardly stop talking about this amazing experience.

The learners live in ghastly circumstances, but they want to learn and they want to better their lives and they want to make a difference in their community. Their positive attitude and determination is an example to us all. They are grateful for even the smallest things in life.

There are still many learners in our community who have the same need for stationery and we hope that other schools will follow our example and make a difference in someone’s life.

Blokkieskombersprojek – Verskeie Instansies

Die projek wat in Mei van stapel gestuur is, was ‘n reuse sukses danksy al die leerlinge, ouers, grootouers en families wat blokkies gebrei het en ‘n totaal van 85 gebreide komberse aanmekaar gewerk het. Ons het ook ‘n ruim bydrae ontvang van ‘n anonieme skenker wat 70 komberse geskenk het.

Van die komberse is op Maandag, 12 Augustus 2013, by Lewenslig sentrum vir breingestremde volwassenes oorhandig. Die sentrum help tans 42 volwassenes wat daagliks inkom en 9 dames wat inslaap. Dit was heerlik om te sien hoe positief en dankbaar hierdie mense is vir alles wat hulle ontvang. Ons het elkeen ‘n hele paar drukkies ontvang en is daar weg met ‘n gelukkige, maar nederige hart.

Op Maandag, 26 Augustus 2013, het ons tydens saalopening die res van die geskenkde komberse aan Solidariteit Helpende Hand oorhandig. Helpende Hand versorg tans 50 gesinne op die kleinhoewes asook ‘n kinderhuis. Hulle gaan die komberse versprei soos nodig.

Dit was vir ons belangrik om die gebreide komberse wat met soveel liefde gebrei is vir persone te gee wat dit regtig sal waardeer. So het ons op Donderdag 5 September, Huis Prinscilla en die versorgingseenheid van Siesta ouetehuis besoek.  Huis Prinscilla is ‘n pragtige netjiese plek wat vir terminale, gestremde of bedlêende pasiënte sorg en daar het ons vir elkeen ‘n kombersie gegee. By die versorgingseenheid by Siesta ouetehuis het ons vir ‘n oom en tannie gesing wat al oor die 100 jaar oud is en nog op en wakker is, wat ‘n voorreg. Ons het vir al die mense wat in rolstoele is en bedlêend is kombersies gegee.

Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het tot hierdie blokkieskombers projek. Julle bydraes het ‘n definitiewe verskil gemaak in iemand se lewe. Emmies julle is waarlik ‘n riem onder die hart.

DBV projek – Vanderbijlpark DBV

Die Gr 6-leerlinge van Laerskool Emfulenipark Primary het gedurende die 3de kwartaal ‘n projek geloods as deel van hulle PSW-klaswerk, waar hulle die ander leerlinge in die skool en die Emmie-gemeenskap meer bewus gemaak het van dieremishandeling en die wonderlike werk wat die DBV doen om mishandelde en verwaarloosde diere te  help. As deel van die projek het hulle die Emmie-gemeenskap genader vir kontant donasies vir die DBV, asook donasies van kos, komberse, speelgoed ens. vir die diere wat by die DBV aangehou word.

Die Emmie-gemeenskap het soos altyd nie teleurgestel nie en op Donderdag, 19 September 2013, is ‘n kontant bedrag en ‘n bakkie vol kos en ander benodigdhede aan die Vanderbijlpark DBV oorhandig.

 

EMMIES GO GREEN

In 2014 glamour arrived at our school in the form of Miss Earth SA, Ilze Saunders. She came to enlighten the learners about the need for a greener, cleaner Mother Earth. She also thanked the learners for their generous contributions (cleaning materials, non-perishable food and clothing) which enabled her to reach out to underprivileged children. To commemorate her visit and message, the learners helped to plant a tree in our school grounds.

Ilze has since participated in Miss Earth World in the Philippines where she received 2 gold medals for representing South Africa in a positive light and for Best Traditional Costume. She obtained silver for her bubbly personality and bronze for teaching under privileged children – without any previous experience!

She has appeared in Top Billing and is featured in an issue of Animal Talk. Next on her agenda is a trip to the USA with the Minister of Environment to attend a seminar. THANK YOU for keeping the Vaal on the map!

Emmies care for their ENVIRONMENT!

 

2015  en EMMIES gee nog steeds om

 

‘n Groepie leerlinge van Laerskool Emfulenipark wat deel uitmaak van die

Emmies Gee Om span het dit hulle doelwit gemaak om ander te help sonder om iets

terug te verwag! Emmie-ouers en leerlinge kyk met trots terug na ‘n jaar vol seëninge en na die verskil wat daar in baie se lewens gemaak is deur die talle skenkings

en insamelings.

 

Omgee-projekte wat met sukses aangepak is gedurende 2015 is onder andere:

  • ‘n Suksesvolle muntlegging (wat die tellers nie sommer sal vergeet nie).
  • Uitreik projekte na Rooderand Plaasskool waar daar in die volgende behoeftes voorsien is; skryfbehoeftes,       skoolklere, leesboeke, speelgoed en soveel meer.
  • Ons viervoetige vriende het ook gebaat by die skenkings wat die Emmies aan die DBV oorhandig het.
  • Die “Broodbende” by die skool het gesorg vir vol magies. Dankie aan al die ouers, oupas en oumas watook in hierdie behoeftes voorsien het!
  • Groot dinge gebeur wanneer daar tyd gemaak word vir mekaar! ‘n Matriekdogter kon haar matriekafskeid      bywoon en het soos ‘n prinses gelyk, als moontlik gemaak deur Emmie Omgee Mamma’s.
  • Die gryses en wyses onder ons is ook nie vergeet nie. Deur die jaar is daar ook in die behoeftes van die            bejaardes in ouetehuise voorsien. Tydens ons skool se Kersskoenboks Projek is daar ook pakkies aan die          bejaardes uitgedeel.
  • Die Emmie-gemeenskap het ook verskeie suksesvolle “Blood Drives” vir die SANB gehou en seker gemaak        dat die woorde “Skenk Bloed en Red ‘n Lewe!” betekenis het.

 Die Emmies Gee Om span sluit hul jaar af deur ‘n vroeë kersfees by Rooderand Plaasskool te vier! Sign Creations het vir ‘n groot verrassing gesorg deur die skoolbord wat hulle spesiaal vir die skooltjie ontwerp en geskenk het. Saam met die nuut geverfde skoolgebou gaan dit beslis ‘n fees vir die oog wees. 

Die lekkerte van gee het beslis nie daar gestop nie. Die leerlinge van Rooderand is verder bederf deur die uitdeel van kersgeskenke, ‘n pret dag op ‘n springkasteel en ‘n waterglybaan en sommer ook ‘n yskoue swem in die plaasdam! Heerlike worsbroodjies, roomys, koeldrank en lekkers het beslis al die ogies

laat blink! Daar is selfs besoek afgelê deur ‘n belangrike lid van die Vrystaatse Onderwys Departement!

 

Die leerlinge en ouers van die Emmies gee-om span is raakvatters wat met hul positiewe gesindheid en warm harte ‘n groot verskil maak en baie lewens aanraak. Baie dankie aan elkeen wat help om vir ander ‘n beter wêreld te skep!

Susan Wagener GESELS OOR DIE 2016  EMMIES GEE OM PROJEKTE

 

Ek is seker almal kan met my saamstem as ek sê 2016 het soos blits verby gegaan.  Ons almal het ‘n baie besige jaar beleef, of dinge nou goed of sleg gegaan het, die dae vlieg verby, en ons tyd is min. Dit het my laat dink aan ons Emmies gee Om Projekte…maak ons ‘n verskil? Is dit die moeite werd om nog aan te gaan, om ons tyd en finansies daaraan te spandeer? Die antwoord is ‘n definitiewe “JA”!

 Ek en my man het toevallig so paar dae terug met ‘n “hooggeplaaste staatsamptenaar” ‘n gesprek gevoe en sy het ons gevra, “maar wat doen ons om ons sosiale verantwoordelikheid na te kom?” Ons kon met trots vir haar vertel van Laerskool Emfulenipark se Emmies gee Om Projekte. Van gebreide komberse aan straatkinders en bejaardes uitgedeel tot ons projekte waar ons skryfbehoeftes, badkamerbenodigdhede en bederfies na minderbevoorregtes, skole, ouetehuise en kinderhuise versprei het…natuurlik eur ons eie Emmie-leerlinge.

 In die 5 jaar vandat ons begin het met die Emmies Gee Om Projekte het ons ongelooflike mylpale bereik. Ons het ‘n suksesvolle Broodjiebende projek waar kinders in ons eie skool elke pouse geleentheid kry om ‘n broodjie en vrug te gaan haal, hetsy jy jou kos by die huis vergeet het en of dit jou eerste en enigste kos vir die dag is. Ons Emmies Gee Om groeplede het van 32 na meer as 120 gegroei en groei steeds.  Julle maak ons trots!

 Na baie suksesvolle fondsinsamelingsprojekte en ‘n muntlegging het ons die afgelope paar jaar skryfbehoeftes en sporttoerusting aan kinders in ons eie skool en skole in ons omgewing geskenk.  Kospakkies en klere is aan verskeie organisasies en gesinne geskenk. Ons het ‘n Plaasskool aangeneem en ‘n ongelooflike impak op die skool gemaak, onder andere het hulle ‘n speelraam, skryfbehoeftes, kos vir daaglikse gebruik, opvoedkundige speelgoed, boeke, komberse, skoolklere, ens. gekry. Die skool is geverf en het ‘n pragtige amptelike naambord gekry.  Ons het selfs ‘n Kerspartytjie gehou waar al die kinders saam geswem, gekuier het en geskenke gekry het.  

Ons is deurlopend besig om mense te help met klere en kosbenodigdhede. Selfs die DBV en PurrPaws

is gehelp met kos en benodigdhede. Tydens fondsinsamelings vir spesifieke projekte word die leerlinge ook meer bewus gemaak van presies waaroor die projek gaan, bv. fondsinsamelings vir die Nasionale Instituut vir Dowes en vir kinders met kanker. Emmies Gee Om neem ook deel aan “Cupcakes for Cancer” en Bloedskenk-projekte.  Van ons mede laerskole het ons voorbeeld gevolg en ook met “Ons Gee Om Projekte” begin.

Ons het weereens die jaar afgesluit met ‘n Kerspartytjie vir die leerlinge van Rooderand Plaasskool.

ONTHOU!

“Not all of us can do great things, but we can do small things with great love” Mother Teresa

EMMIES GEE OM “WANT OMGEE IS LEKKER” 2017

 

Ons laerskool se leerlinge het harte van goud! Met die ondersteuning van die Emmie-gemeenskap word daar ‘n groot verskil gemaak in die behoeftes van ander!

Huis Siesta

In samewerking met Riverview Spar en met skenkings van ons ouers het ons Donderdag 29 Junie 2017 weer ons bussie vol gepak met 140 komberse, sepies, waslappies, room en eetgoedjies om ons kosbare oumense  van Huis Siësta vir bejaardes te gaan bederf!

Al die oupa’s en ouma’s van Huis Siesta was so bly om ons te sien dat ek net weer besef het dat om iemand se hand vas te hou, ‘n vriendelike paar woorde te wissel, en ‘n glimlag te deel al is wat nodig is om ons oumensies se dag op te kikker en daarmee saam het al die  ander ekstra bederfies dit nog meer spesiaal gemaak!

Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om hierdie uitreik moontlik te kon maak!  (Heike Fourie)        

Other Projects 

  • PurrPaws – We donated food, blankets and toys.
  • Rooderand Farm School – We hosted a Christmas Party for the learners of Rooderand Farm school.
  • Pioneer House – Clothing.
  • Jeugland Old Age Home – Books and Bibles.
  • Donated baby clothing to a family in need.
  • Donated food parcels to families in our school.
  • Matwala Childrens Home – we donated shoes, clothing and toys.
  • Dante Chan Community Center – we donated food, clothing and shoes.
  • Knysna Fire Victims – we donated food, clothing etc..
  • We raised funds for the farmers in the Cape Province affected by the drought.

A big THANK YOU to everyone who supported our 2017 projects. We really appreciate every donations, contribution, support, cooperation and your love and care!

Because of YOU! we made a difference in a lot of people and animals’ lives.